
Originally Posted by
Psalm
Ek het wel gelet dat jy gesê het dat jy vir hulle gesê het dat hulle vroeer moet kom, maar hoe en wat presies het jy vir hulle gesê dat hulle moet vroeer kom?
Dalk moet jy vir hulle in neederigheid en sagmoedigheid (baie baie baie baie baie belangrik) gaan verduidelik – Sonder om neer te sien op hulle en vir hulle verduidelik hoekom presies jy wil hê hulle vroeer moet kom – omdat jy teen die tyd wat hulle tans daar aankom in die Gees is en ‘n sekere vlak van aanbidding bereik het, en nie een oomblik met jou gemeenskap met Vader wil mis nie.
Sommige mense wat nog nie so ‘n hegte verhouding met Vader het nie (hier - net hier moet jy baie baie versigtig ook wees om jouself nie op ‘n troon te plaas nie, of hoër te ag as iemand anders nie) kan dalk aanstoot neem as hulle nie presies verstaan hoekom ons op sekere maniere optree nie, soos bv om nie gesteur te word tydens gemeenskap met God nie.
Onthou die tyd wat jy ook nog nie so ‘n heerlike belewenis met Vader gehad het nie en gevoel het asof jy in die hemele was toe jy ‘n broerder of suster in die gemeente weer op ‘n Sondag gesien het en hom of haar uit blydskap en liefde gaan groet het omdat jy waarlik na hulle verlang het, hoe sou jy gevoel het as hulle jou sou ignorer of snaaks aankyk? Dalk op daai tyd het jy ook toe nog nie ‘n intieme verhouding met Vader gehad nie, maar daai person het jou nogsteeds in Liefde gegroet.
Sien dit so: Wanneer ‘n Professor met 5 grade en sy MBA en 7 diplomas besig is met iets by die huis en sy 2 jaarige seuntjie of dogtertjie kom na hom toe aan gehardloop wil die 2 jarige kindjie nie hoor of sien x = y-2x(5x+y) nie, die kindjie wil net ‘n bietjie pappie liefde hê. Net so dalk met die mense wat laat kom en dalk net hulle liefde wil deel.
Wys deur jou lig wat jy skyn, dat jou gemeenskap met Vader vir jou baie belangrik is, en bid en vra ook Vader dat Hy dit vir hulle sal bekand maak, die Heilige Gees sal dan dit vir hulle uitwys.
Vir ons wat Vader intiem liefhet moet sorg dat ons nie by daai plek kom waar ons as stemmend en afstootlik blyk te wees nie, ons moenie onaanraakbaar raak vir ons naaste nie, dan raak ons onnatuurlik en verwerplik deur die mense rondom ons. Die wereld lees nie hulle Bybels nie, hulle lees ons, en ons moet sorg dat ons die regte Woord uitstraal vir andere en dit sluit soms in Lankmoedigheid, Sagmoedigheid, goedheid, getrouheid .... Toon deur jou lewe, optrede en vrug die Gees van God in jou, want dis die Gees van God wat lewend maak!
Hou altyd baie duidelik in sig die baie fyn lyn tussen om in liefde op te tree en kompromie maak met die sonde.
Een ding wat baie baie belangrik is – Bewaar jou hart, en moenie jou hart verhard nie, dis glad nie die regte paadjie om te stap nie. Ek hoop jy sal verstaan.
Indien hulle dalk daar aankom en jy is besig om te bid, vat hulle hand en begin sommer vir hulle te bid, en nie iets soos “Ag Vader wys tog vir Kosie/Sannie dat hulle betyds moet kom vir kerk” – Nee, nee nee. Bid waarlik vir hulle vir iets soos dat Vader hulle sal Seen en sal aanraak met die boodskap en hulle sal groei tot groter hoogtes in die Gees sodat Sy Naam sal verheerlik word – so iets, en indien jy begis is met lofprysing, gryp hulle aan die lyf en toon vir hulle jou groot blydkap wat jy het in jou hart teenoor Jesus dat Hy jou vrygekoop het van die sonde.
2 Korinthiers 3:1 - 6
Begin ons weer om onsself aan te beveel? Of het ons miskien, soos sommige, aanbevelingsbriewe nodig aan julle of van julle?
Julle is ons brief, geskrywe in ons harte, geken en gelees deur alle mense; omdat julle duidelik ‘n brief van Christus is deur ons diens berei, geskrywe nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God; nie op kliptafels nie, maar op die vleestafels van die hart.
So ‘n vertroue het ons deur Christus by God.
Nie dat ons uit onsself bekwaam is om iets as uit onsself te bedink nie, maar ons bekwaamheid is uit God, wat ons ook bekwaam gemaak het as dienaars van ‘n nuwe testament, nie van die letter nie, maar van die gees; want die letter maak dood, maar die gees maak lewend.
Bookmarks