PDA

View Full Version : Benodig raad Hoe om uiting te gee aan woede of teleurstelling?

Lanie
Apr 2nd 2009, 09:34 AM
Hoe leer mens jou kinders om uiting te gee aan hulle woede, furstrasies of teleurstellings sonder om te sondig? Ek as ouer kan nie net vir my kinders s dat ons mekaar moet lief h en dat ons oor die weg moet kom en dan verwag hulle sal dit net doen nie. Hulle moet geleer word op 'n gepaste manier uitdrukking te gee aan hulle gevoelens. Enige raad?

Gene
Apr 2nd 2009, 10:56 AM

Dis regtig 'n taai tammeletjie hierdie. Die Bybel leer dat ons nie moet sondig as ons kwaad word nie, dit se nie dat ons nie mag kwaad word nie. So my gevoel is dat 'n kind geleer moet word dat dit nie verkeerd is om emosies te wys wanneer jy kwaad, gefrustreerd, teleurgesteld of wat ookal is nie. (Jesus het emosies gewys, ook toe Hy kwaad was) Om woede of dergelike emosies te onderdruk, is nie die oplossing nie. Want dit het 'n gewoonte om te broei en broei tot op 'n dag...

Die vraag is nou, hoe moet 'n mens optree om nie te sondig nie? Ek sou se, leer die kinders dat dit nie verkeerd is om bv kwaad te word nie, maar moenie iemand seermaak of beledig nie, moenie lelike taal gebruik nie, moenie 'n wrok koester of vergelding soek nie, moenie laat jou emosies die oorhand kry nie. Kry een of ander uitlaatklep, miskien iets om te doen om jou aandag af te lei, miskien eenkant toe gaan en bid, of wat ookal. Maar wees bereid om te vergewe en te vergeet wanneer jou woede bedaar het. Dit sal verskil van kind tot kind, maar ek dink dis belangrik dat die kind leer wat sonde is en dat hy hom daarvan moet weerhou.....

Ek weet nie of dit enigsins sin maak nie.

Willem
Apr 3rd 2009, 12:13 PM
Lanie
Om woede of dergelike emosies te onderdruk, is nie die oplossing nie. Want dit het 'n gewoonte om te broei en broei tot op 'n dag...

Kry een of ander uitlaatklep, miskien iets om te doen om jou aandag af te lei, miskien eenkant toe gaan en bid, of wat ookal. Maar wees bereid om te vergewe en te vergeet wanneer jou woede bedaar het. Dit sal verskil van kind tot kind, maar ek dink dis belangrik dat die kind leer wat sonde is en dat hy hom daarvan moet weerhou.....

Ek weet nie of dit enigsins sin maak nie.
:agree: daai emosies onderdruk is PROBLEME....self gedoen...

Ek leer maar vir Wian dat wat hy aan ander doen goed moet wees wat hy ook wil he dat ander aan hom moet doen... so as hy op speelgoed trap dan vra ek of ek op hom moet trap... die oe raak groot en dan se hy dadelik nee... dan se ek maar die speelgoed kry ook so seer en breek as hy op hulle trap en dit is nie mooi nie en maak nie Liewe Jesus se hart bly nie, want dis nie hoe mens liefhet en omgee nie ...

Bid ook saam met hom dat die Here Jesus se liefde in sy hartjie moet sit en die stout wat nie Jesus bly maak nie sal wegvat, want ons weet ons sukkel om dit op te hou doen...

Die lekkerste / skaamste is as hy my teregwys en se ek doen iets verkeerd en reg is :o dan wil ek sommer skree van bly en om dan jammer te se en verskoning te vra is dan sommer lekker :hug: dan is die' pappa se hart darem maar trots/bly/dankbaar

Hoop die ramble help ook so effe..

mari
Jul 24th 2009, 03:17 PM
:mad::(:cry::o:blush::P:pp:D

Ons "grootmense" vergeet maklik dat 'n baba reeds lank voor hulle kan taal verstaan, leer deur jou dop te hou en jou aksies na te maak ..... 'n kind leer baie meer uit jou optrede as jou verduidelikings !!! ....

Die belangrikste is seker om te onderskei tussen die emosie en die reaksie .... leer jou kind dis nie verkeerd om bv. kwaad te word nie, maar wat jy daarme doen is jou keuse en daar is alternatiewe .....

moenie altyd jou eie emosies onderdruk voor jou kind nie, wees eerder eerlik oor hoe jy voelse bv as jy kwaad is en wys hoe jy dit rustig verwerk.... lag as iets jou plesier, huil as jy hartseer is ens ...... so kan jou kind uit jou voorbeeld leer ....

Leer jou kind om verkillende emosies uit te ken vir wat dit is :
is jy kwaad ? bang ? hartseer ? onseker ? ens ...... van ons grootste emosionele probleme as volwassenes is dat ons heel deurmekaar raak met hoe ons eintlik voel ..... kwaad word sommer depressie en bang raak sommer kwaad ens ....... hoeveel warm argumente het nie aan hul wortel net 'n bondel onsekerheid nie ? ......

Maak seker daar is altyd 'n oop gesels kanaal tussen jou en jou kind, reeds van kleins af ..... gesprek in rustige tye ter voorbereiding vir die storms is van baie waarde ...

laat jou kind ook hoor dat jy en Pappa gesels oor gevoelens... of gesels oor bv tannie Wie wat mamma nou kwaad gemaak het, maar dat Mamma dit met haar gaan uitpraat ( ja.... dink bietjie .... kinders sien baie keer volwassenes se vassit, maar weet nie altyd wat later daarvan word nie, en wonner..... )

leer ook om jou kind te "lees" en emosionele uitbarstings vooraf uit te ken voor 'n storm losbars - nie om die emosie te onderdruk nie, maar eerder te verwerk in iets positief ......

:hug: ........

Hannelie Pretorius
Jul 27th 2009, 08:51 AM

Al hierdie dinge laat my net weer besef hoe groot 'n ouer se verantwoordelikheid is met die opvoeding van sy kind

Ta-An
Aug 2nd 2009, 07:16 PM
Hang 'n slaansak op en leer hulle hoe om te boks.....

Wat vir my help is om musiek aan te skakel en te begin dans... ;)

mari
Feb 24th 2011, 10:35 AM
kom ons blaas bietjie die kole van 'n ou draad ......

Lanie se vraag is nog nie juis geantwoord nie ...... Hoe moet 'n wedergebore gelowige uiting gee aan negatiewe emosies ....... ? .... en op die koop toe, hoe gemaak as dit binne ons wil uitbars van die gejubel ? ......

ons word geleer om woede te onderdruk en kry eerder seer as om kwaad te word ...

hoe kan jy jou opgewondenheid uitleef en respektabel bly ?

wat gemaak met seer wat regtig diep seer is en nie net begrawe kan word nie ...... ?

......:confused

Your Advert here

Hosted by Webnet77